Die Skietwinkel
Die Skietwinkel doen al 20 jaar lank sake in Bloemfontein. Ons bedien kliente van oor die hele Suid-Afrika en het selfs n paar kliente oorsee.
Ons spesialiseer in die verkoop van wapens en ammunisie, teleskope, verkykers, herlaaitoerusting, windbukse, messe en nog vele meer. Die Skietwinkel is jou eenstop jagwinkel, maklik bereikbaar met volop parkering.
Aanwysings:
Die Skietwinkel is
gelee in Brandwagsentrum.
- Neem die Nelson Mandela afrit vanaf die NI hoofweg en ry oos in die rigting van die stad.
- Ry verby die Vrystaatse Universiteit aan jou regterkant, Grey College se sportgronde regs en dan verskeie gastehuise aan jou linkerkant.
- By die eerste verkeerslig draai u links en 50 meter weer links in Stapelbergstraat, 100m en u sal Die Skietwinkel aan die buitekant van Die Brandwagsentrum sien.